Ons bedieninge

Neo Prayer

Gebedsbediening

Ouderdom: Enige
Fokus: Intersessie
Wanneer: Woensdae 09:00 – 10:00

Ons intersessor groep kom weekliks en voor die dienste bymekaar om ons gemeente, gemeenskap en mekaar voor die Here op te dra. Ons geleentheid saam met mekaar en die Here is vir ons kosbaar en ons verantwoordelikheid is vir ons baie belangrik.

Silver Jeug

Seniorbediening

Ouderdom: 60 +
Fokus: Seniors
Wanneer: Wednesdays 10:00 – 11:00

Ons Silwer Jeug-bediening verwelkom alle bejaardes – ouderdom is geen beperking nie.  Ons gesels saam oor die Woord, bid vir mekaar, sing lofliedere en sorg vir mekaar se geestelike welstand.
Kom kuier saam ná die tyd oor koffie of tee – jy is hartlik welkom!

Women of Worth

vrouebediening

Ouderdom: 18+
Fokus: Vroue
Wanneer: Donderdae 10:00

Woman of Worth WOW is ons dames bediening waar ons dames help groei in hulle verhouding met Jesus Christus en waar ons dames wil bedien met die liefde van Jesus.
Ons wil hê ons dames moet  Jesus Christus in hulle lewe te beleef en dan om hulle gemeenskap te beinvloed.

Fearless Men

mansbediening

Ouderdom: 18+
Fokus:Manne
Wanneer: Donderdae 18:30

Neo Doxa Fearless Men is ’n bediening wat mans ’n veilige ruimte gee om te groei as manne na God se hart, waar hulle geestelik versterk word en mekaar ondersteun in geloof en lewe.  Ons help mans om in ’n lewende verhouding met God te groei en hul roeping as geestelike leiers in hul huise en gemeenskap met integriteit uit te leef.

Neo Impact Youth

jeugbediening

Ouderdom: 13 - 18
Fokus: Tieners
Wanneer: Vrydae 18:30 - 20:30

Ons jeugbediening is ’n lewende ruimte waar tieners ontdek wie hulle in Christus is en leer om hul wêreld met Sy liefde te verander. Deur die Woord van God word hulle gevorm, versterk en geïnspireer om lig te wees in hul skole, huise en gemeenskappe. Ons bou ’n generasie wat nie net kerk toe kom nie, maar kerk is waar hulle ook al gaan.

Neo Warriors

Kinderbediening

Ouderdom: 4 - 13
Fokus: Kinders
Wanneer: Sondae 08:30 - 10:00

Ons Kinderkerk bediening is ’n lewendige, veilige en vreugdevolle ruimte waar kinders God op hul vlak leer ken en ervaar. Elke Sondag help ons hulle om Bybelwaarhede op ’n eenvoudige en kreatiewe manier te ontdek deur stories, speletjies, musiek en aktiwiteite.  Ons doel is om ’n fondasie van geloof in elke kind se hart te bou, sodat hulle leer wie Jesus is en hoe om Hom daagliks te volg.

W.W.E

evangelisasiebediening

Ouderdom: Enige
Fokus: Wêreldwye Evangelisasie
Wanneer: Sal gekommunikeer word

Ons W.W.E (Wêreldwye Evangelisasie) is ’n bediening met ’n passie om die evangelie van Jesus Christus oor die hele wêreld te versprei. Ons fokus daarop om mense te bereik, lewens te verander en hoop te bring deur uitreike, bediening en dissipelskap. Ons glo daarin om gelowiges toe te rus om die liefde van Christus prakties uit te leef in hul gemeenskappe en daarbuite.

Hartklop

liefdadigheidsbediening

Ouderdom: Enige
Fokus: Liefdadigheid
Wanneer: Sal gekommunikeer word

Hartklop is ’n nie-winsgewende organisasie wat armoede in Witbank aanspreek deur mense te help om selfstandig te word en hul potensiaal te bereik. Hulle bied praktiese ondersteuning soos kos, onderrig, werkhulp en sorgdienste, gedra deur ’n toegewyde span.

Geestlike Versorging

Versorging Bediening

Ouderdom: Any
Fokus: Weekly Prayer Group
Wanneer: Kontak vir meer inligting

Geestelike Versorging is ’n bediening wat mense met deernis, gebed en geestelike ondersteuning help in tye van nood. Ons bied hospitaal- en tuisbesoeke, pastorale berading en voorbidding om hoop, genesing en bemoediging te bring. Hierdie bediening is oop vir almal wat ondersteuning benodig.

Revive Nights

jong volwassenes bediening

Ouderdom: 18+
Fokus: Jong Volwassenes
Wanneer: Sondae 18:00

Daar is ‘n roep vir die volgende generasie en dis waarom ons Revive aand dienste het. Ons wil sien hoe die Here ‘n beweging begin onder ons jong mense wat oorspoel na die uithoeke van die aarde. Hier is waar mense die aanraking van ons Almagtige God beleef en dan hulle roeping uitleef na ‘n verlore wêreld wat Jesus Christus nodig het.

Neo Worship

aanbiddingsspan

Ouderdom: Enige
Fokus: Aanbidding
Wanneer: Kontak vir meer inligting

As aanbiddingspan is dit ons grootste vreugde om mense in die teenwoordigheid van die Here te lei. Ons hart is om te sien hoe mense nie net woorde tydens lofprysing en aanbidding spreek nie, maar verklaar oor hulle lewe en dit ook sal uitleef. Hier is waar ons die Vader, die Seun, Jesus Christus, en die Heilige Gees eer!

Neo Crew

Vrywilligers wat dien

Ouderdom: Enige
Fokus: Om te Dien
Wanneer: Kontak vir meer inligting

Hierdie span by Neo Doxa verwelkom jou met opregte warmte en ’n hart vir mense. Ons begeerte is dat elke vriend wat hier instap, nie net welkom voel nie, maar ook tuis en deel van die familie. Dit is ’n span vrywilligers wat met vreugde hul hand opsteek om te dien en liefde prakties te maak.

 

WoordSkool

Bybel Skool

Ouderdom: Any
Fokus: Die Bybel
Wanneer: Kontak vir meer inligting

Die Neo Doxa Woordskool is ’n plek waar jy toegerus word met lewensveranderende Bybelse en praktiese onderrig.  Ons is ’n geregistreerde opleidingsfasiliteit van Teach Every Nation en gebruik hul materiaal, aangebied deur Bruce Wilkinson.  Die kursus strek oor 3 jaar en jy kan enige tyd inskakel. Ons bied ook kort kursusse oor relevante temas aan soos die behoefte in die gemeente ontstaan.