Neo Doxa is ’n Heilige Gees-gevulde kerk wat die Woord van God suiwer verkondig. Ons aanbid God die Vader, Jesus Christus die Seun, en die Heilige Gees. Ons het ’n passie om nuwe verhoudings met alle mense te bou. Evangelisasie en dissipelskap is ons hoogste prioriteit. Ons streef daarna om mense toe te rus en op te lei om effektief te wees vir en in die Here se koninkryk.